about whatwelearnwhereweplaywhatsupplaywithuscontact
main banner


1. Wat ontvang my kind met registrasie?

2. Hoeveel kleuters is daar per klas?

3. Wat moet ek met medisyne doen wat my kind deur die dag moet kry?

4. Watter voorsorgmaatreëls tref die skool vir die sekuriteit van die kleuters?

5. Doen die skool potjielesse?

6. Is besoeke aan die skool deur opvoedkundige instansies ingesluit by skoolfooie?

7. Word daar foto’s van die kleuters geneem deur die jaar?

8. Is die skool gedurende skoolvakansies oop?

9. Ontvang my kleuter ontbyt by die skool?

10. Bied die skool buitemuurse aktiwiteite aan?

11. Mag ek partytjiegoed vir my kind skooltoe stuur?

12. Sal ek ‘n rekening ontvang vir skoolfooie?



1. Wat ontvang my kind met registrasie?
‘n Deurskynende skoolsak, t-hemp, waterbottel en hoedjie. Voldagkleuters ontvang ‘n slaapkussinkie met hul naam op geborduur en briewe word weekliks huistoe gestuur in ‘n rooi lêer – dit bly egter die skool se eiendom.

2. Hoeveel kleuters is daar per klas?
Dit hang af van die ouderdomsgroep.

1-2 jariges: 16
2-3 jariges: 22
3-4 jariges: 22-26
Montessori: 22-26
4-5 jariges: 22-26
5-6 jariges: 22

Al die klasse het ‘n onderwyseres en ‘n assistent.

3. Wat moet ek met medisyne doen wat my kind deur die dag moet kry?
Dit word in die oggend in die mandjie by die hek geplaas en die sekretaresse sal dit dan toedien wanneer nodig en soos deur u aangedui op die notas wat beskikbaar is in die mandjie. Die medisyne word in die middag weer by die hek uit die mandjie gehaal wanneer u u kind kom afhaal.

4. Watter voorsorgmaatreëls tref die skool vir die sekuriteit van die kleuters?
Ons is gekoppel aan Bestsecure Sekuriteit, ons alarmsisteem het paniekknoppies in elke klas, die kantore en Esmi (sekuriteitswag) het ook ‘n knoppie. Ons aanvaar GEEN skoolgelde in kontant op die perseël nie. Ons het ook ‘n noodplan wat ons gereeld op onverwagse tye oefen sodat ons personeel en kleuters weet wat om te doen sou ‘n situasie opduik. Kleuters word uitgeteken en Esmi ken al ons ouers, so GEEN kind mag die skoolterrein verlaat saam met iemand anders nie, tensy dit so gereël is met die kantoor.

5. Doen die skool potjielesse?
Ja, die onderwyseresse en klasassistente leer die 1-3 jariges om die potjie te gebruik en later die toilet. Ons verwag egter die samewerking van die ouers.

6. Is besoeke aan die skool deur opvoedkundige instansies ingesluit by skoolfooie?
Ja. Ons noem dit “instappies”. Een tot twee instappies vind kwartaalliks plaas.

7. Word daar foto’s van die kleuters geneem deur die jaar?
Ja. Een of twee keer ‘n jaar word foto’s geneem deur ‘n fotograaf. Tussendeur neem die onderwyseresse en ouers foto’s van belangrike gebeurtenisse.

8. Is die skool gedurende skoolvakansies oop?
Ja, ‘n fooi van R5 per dag word gehef en informele, prettige aktiwiteite word aangebied. Desember sluit ons op die laaste werkdag voor die 16de.

9. Ontvang my kleuter ontbyt by die skool?
Nee. Ons verskaf verversings om 10:00, middagete om 12:30 en verversings om 15:00. Stuur gerus ontbyt saam met u kind skool toe, ons sal seker maak dat u kind eet.

10. Bied die skool buitemuurse aktiwiteite aan?
Ja, ons bied die volgende aan:

• Playball, Rugga Kidz & Ballet op Maandae.
• Active Kidz op Disdae.
• Playball op Woensde.
• Judo & Pottery op Donderdae.
• Gymkidz op Vrydae.

Kontak asseblief die kantoor vir meer inligting.

11. Mag ek partytjiegoed vir my kind skooltoe stuur?
Ja, reël dit net vooraf met die klasonderwyseres. Ons verkies dat ouers nie te veel lekkergoed stuur nie – eerder iets gesonder soos yoghurt, kasies en vrugte met ‘n lekker daarby.

12. Sal ek ‘n rekening ontvang vir skoolfooie?
Ja, rekeningstate word maandeliks uitgegee. Nicolene van Zyl is verantwoordelik vir ons rekeninge en kan gekontak word by (011) 477-0900 of accounts@reenboogland.co.za. Nicolene is beskikbaar vanaf 7:30-13:00 op Dinsdae-Donderdae.