aboutwhatwelearnwhereweplaywhatsupplaywithuscontact
main banner

Hier by Reënboogland is ons baie besig elke dag! Ons kleuters word daagliks blootgestel aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite en ervarings wat verseker dat hulle goed gebalanseerde, gelukkige kleuters is!



  • Reënboogland is 'n Christelike pre-primêre skool wat elke dag met gebed en Gewyde liedjies begin.
  • Ons volg ‘n gestruktureerde, maar informele daaglikse program.
  • Kleuter relevante temas word weekliks aangebied en dit bevorder die kleuters se algemene kennis en taalvaardighede.
  • Twee van ons klasse is gebasseer op die Montessori Opvoedkundige Sisteem en vyf klasse op die Tradisionele onderwyssisteem.
  • Daar word daagliks tyd spandeer aan kreatiewe ontwikkeling, vryspel, beweging en/of musiek asook storietyd.
  • Junior Jive musiekprogram word op Woensdae aangebied vir alle kleuters.
  • Kwanda Kinetics kinderkinetika program word op Donderdae en Vrydae aangebied vir alle kleuters.
  • Cami rekenaarlesse word weekliks aangebied aan kleuters.
  • Kleuters Bak & Brou op Donderdae.
  • Instappies deur ander maatskappye word kwartaalliks aangebied vir alle kleuters.
  • Ons is oop gedurende skoolvakansies, in Desember sluit ons op die laaste werksdag voor die 16de.
  • Aanpassingsverslae word aan die einde van die eerste kwartaal gedoen en volledige verslae aan die einde van die tweede en vierde kwartale.
  • Terapeutiese dienste is beskikbaar indien nodig. Dit word aangebied in ons terapiehuisie.

















Wat doen ons elke dag?

Oggend:
06:45   Mamma/Pappa laai my af
08:30   Ek leer van Liewe Jesus & dinge om ons
09:00   Ek maak ‘n prentjie
10:00   Ek piepie en was my handjies
10:15   Ek eet broodjies
10:30   Ek speel buite
11:30   Ek piepie en was my handjies
11:45   Ek doen bewegingspeletjies
12:15   Storietyd
12:30   Ek eet middagete
13:00   Ek gaan wagklas toe of ek gaan slaap

Middag:
14:45   Ek word wakker
15:00   Ek piepie en was my handjies
15:15   Ek eet broodjies
15:30   Ek speel buite of binne
16:00   Ek eet koekies
17:30   My skool maak toe


Wat kan ek nog doen by my skool?

Buitemuurse aktiwiteite:

Buitemuurse aktiwiteite word binne skoolure aangebied en is opsioneel. Ons beperk die hoeveelheid aktiwiteite waaraan een kind kan deelneem tot drie aktiwiteite.