aboutwhatwelearnwhereweplaywhatsupplaywithuscontact
main banner
Ons Speelterrein:
Reënboogland het twee speelterreine, een vir die 1-3 jariges en een vir die 3-6 jariges.  Die speelterreine is toegerus met klimrame, sandputte, glyplanke en ander apparaat.  Die senior speelgrond het ‘n pophuis, ‘n feetjiehoekie en ‘n fietsiebaan.  Die lekkerste van alles is ons pragtige bome en gras – geen nagemaakte gras vir ons nie!  Ons het hoenders, hasies, poue en eende – die kleuters kry gereeld ‘n geleentheid om die diertjies te voer.



Ons Klasse:
Ons sewe klasse is toegerus met kleutergrootte tafels en stoeltjies, fantasiehoekies, boekhoekies, tematafels en al die nodige apparaat.  Elke klas het ‘n toilet area met rakkies vir die kleuters se sakke, drie klein wasbakke en twee toiletjies.

Seesterretjieklas (1 - 2 jariges):
In die Seesterretjieklas leer ons om mooi te loop en te hardloop. Ons leer om asseblief en dankie te sê en om te deel met maatjies. Ons leer ook om die potjie te gebruik en om sonder ‘n bottel te gaan slaap.

Bytjieklas (2 - 3 jariges):
In die bytjieklas leer ons om te hardloop en om te klim & klouter. Ons leer om mooi prentjies te maak en om ons kryte reg vas te hou. Ons leer om alleen toilet toe te gaan en om te speel met maatjies.

Kabouterklas (3 - 4 jariges):
In die kabouterklas speel ons op die groot speelgrond en leer ons om hoog te klim sonder om bang te wees. Ons sing baie en vertel graag stories. Ons maak beste maatjies en leer om dinge self te doen. Ons leer ook om mooi te knip, te plak en te teken.

Koala Class (3 - 5 jariges; Montessori):
In the Bird class we learn to think and to know what we need, and to like to do it. We know where to find everything and to put it back in the right place. It’s fun to work with tweezers and pour jugs! We also learn to respect our friends and teachers – and ourselves! I can look after myself and things around me.

Pandaklas (3-5 jariges; Montessori):
In ons klas leer ons maatjies om dinge vir onsself te doen. Ons kan kies waarmee ons wil werk en ons weet waar alles in on klas is. Ons geniet dit om met lepels, haartangetjies en knope te werk. Ons leer ook selfdissipline en respek. Elkeen van ons maatjies is uniek en kry ‘n unieke kans om te leer en te speel. So leer ons elke dag meer van die wêreld om ons en ook hoe om na dit te kyk en te bewaar.

Goggaklas (4 - 5 jariges):
In die Goggaklas leer ons van kleure, vorms en om te tel. Ons leer om mooi te teken met verskillende kleure en om nommers te onthou. Ons spring ook op een been, hop en gooi balle en leer om mooi stil te sit by die tafel.

Graadjieklas (5 - 6 jariges):
In die Graadjieklas raak ons slim vir grootskool. Ons leer om te skryf en sommetjies te doen. Ons werk ook in grootskool boeke en leer elke dag iets nuuts. Alles terwyl ons nog lekker speel, verf, teken, bak & brou en musiek doen!